Posted by: Veroni Kruger | April 7, 2014

Gebed om die verkiesing

Terwyl ons afstuur op die verkiesing van 2014 lyk dit my die gedig van N.P. van Wyk Louw is ‘n paslike gebed.  Die relatief vreedsame oorgang in 1994 was iets soos waarvan Van Wyk Louw skryf.  Kan ons vertrou dat 7 Mei ook so verbasend sal wees?  Ek glo ons kan, al is die resultate nie onmiddellik sigbaar nie.

O wye en droewe land
N.P van Wyk Louw

 O wye en droewe land, alleen
onder die groot suidersterre.
Sal nooit ‘n hoë blydskap kom
deur jou stil droefenis?
Jy ken die pyn en eensaam lye
van onbewuste enkelinge,
die verre sterwe op die veld,
die klein begrafenis;

 eenvoudige mense wat getrou
en enkeld bitter dinge doen,
en enkeld val soos korrels saad;
stil daad, klein trou, klein trouloosheid
van dié wat om ‘n ander diens soos knegte jou verlaat.

 Sal nooit ‘n magtige skoonheid kom
oor jou soos die haelwit somerwolk
wat uitbloei oor jou donker berge,
en nooit in jou ‘n daad geskied
wat opklink oor die aarde en
die jare in hul onmag terge;

 ‘n grootsheid van so ‘n suiwer glans,
dat mense in ‘n verre land
wat van jou naam die melding hoor,
met wilde en helder oog sal staar
soos vroeë vaarders in die nag
verslae gesien het kim bo kim
die nuwe, blom-groot sterre styg
op uit jou see se wit gevaar?”

Advertisement

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Categories

Alexander F. Venter

Live a life of love as Jesus loved us...

Attempting Authenticity

real life. real writing.

Forenji

Life worth living

Martha Elizabeth Kruger

creativity, passion, love

%d bloggers like this: